Graad 10 toer

Die Opvoedkundige Toer is ʼn tradisie wat al vir baie jare in die annale van die skool aangeteken word. Die eerste toer is gehou in 2001 en jaar na jaar het heerlike toere plaasgevind. Dit gaan gepaard met baie harde werk om al die fondse in te samel, maar dit is alles uiteindelik die moeite werd. Vir ʼn week lank gaan die gr 10- leerlinge op ʼn toer, gewoonlik na Natal, waar verskeie besienswaardighede besoek word, maar daar ook definitief ʼn draai of twee by die see gemaak word... Iets om na uit te sien.

Warmbad

Dirk Postma het vir 12 jaar die tradisie gehandhaaf om ‘n Vrydagmiddag/aand-

[removed]atletiekbyeenkoms op Carolina by te woon, waarná daar in die NG-kerksaal oorgeslaap is. Die volgende more vroeg is koffie en beskuit geëet en dan het die leerlinge (gewoonlik meer as 90% van die skool) en onderwysers op Badplaas toegesak vir ‘n dag se waterpret.  Sedert 2016 het hierdie tradisie effens gewysig, maar steeds word die element van atletiek en waterpret gehandhaaf.  Deesdae woon ons ‘n byeenkoms op Warmbad by, slaap oor in die skoolkoshuis en besoek Forever Resorts op die Saterdag vir ure se kuier op die gras, in die see met sy nagemaakte golwe, op bande in die slingerende rivierstroom en waterglybane van verskillende hoogtes en wisselende spoed.  Laatmiddag vertrek moeë, seergebrande,  maar tevrede Dirkies terug Pretoria toe om van voor af die dae af te tel tot die daaropvolgende jaar se Warmbadnaweek J.  Hierdie is ‘n tradisie wat leerlinge en onderwysers saambind en vir baie spesiale herinneringe sorg.

Besoekers

Kontak Nommers

Tel: 012 332 3222

Epos: gsdp@gsdp.org.za

Vinnige Kontak