DIRKIESNUUS

FIETSRY KLERE!

Ons is baie opgewonde daaroor om ‘n bergfietsspan op die been te bring wat aan die Spur-skolereeks kan deelneem.  Alex van Houwelingen het vir ons hierdie pragtige hemp ontwerp.  Nou benodig ons borge wat ons kostes kan help dek.  Kontak asseblief die hoërskoolkantoor indien u belangstel om op die hemp te adverteer.

DIRKIES KOOP!

Ons skool se deurlopende projekte het nou ñ nuwe baadjie gekry....

Ondersteun asb. ons skool. Die fondse word aangewend vir behoeftes en tekorte in ons skool vir ons kinders. Uitstekende en goeie kwaliteit produkte word verkoop. Gaan kyk gerus na al die produkte aanlyn en plaas bestellings by  www.dirkieskoop.gsdp.org.za

Gaan LIKE ook ons Facebookblad en bly op hoogte van sake en nuwe produkte!

WATERPROJEK.

Weereens baie dankie aan almal wat gehelp het ons waterprojek 'n sukses te maak. Die trok (Dankie AFRIT!) met omtrent so 18000L water is reeds in die Kaap. Ons kon vir Gereformeerde Laerskool Belville 3500 liter drinkwater skenk wat genoeg is om hulle twee maande te hou.

Die res van die water is verdeel onder nog twee laerskole en drie hoërskole in die Kaap omgewing. Daar is ook 4000liter  aan twee sendinggemeentes geskenk en laastens 'n 1000 liter  na 'n dierebeskermingsvereniging. Dit maak ons trots Dirkies! 

Besoekers

Kontak Nommers

Tel: 012 332 3222

Epos: gsdp@gsdp.org.za

Vinnige Kontak